Prophetic and Healing Conference held at Calvary Baptist Mission on 27-28 March 2010

BREAKTHROUGH TESTIMONIES and PRAISE REPORTS

Br Gavin Essack

“Br. Gavin Essack came forward to receive his miracle. The prophecy was “Your time in the valley is over. God is changing your drought situation of joblessness”. Br Gavin was jobless for more than three years. During the conference, Br Gavin received a telephone call requesting a quotation for a job. He is still busy working and employed another person to help him. WOW!! God deserve all the Praise and the Glory. It is all about HIM”.

Br & Sister Baker

“These are two faithful stewards in the Kingdom of God. This couple walks in God’s favour. They had some major challenges. The prophetic word to them was God sees your pain and hurt” They received their breakthrough and returned to church to testify that God had changed their situation for the good”

Br Daniel Simpson

Daniel had health challenges during September & October 2009. He had a severe stroke and heart attack. God pulled him through, however he had all the side effects of the stroke and heart attack. On Sunday he received his miracle. He confirmed that all side effects had left his body”.

Five new people accepted Jesus Christ into their lives for the first time.

Many marriages were restored. Broken hearts were mended. Many walked out with renewed minds.

There are still many reports coming in from the conference.

ALL GLORY AND HONOUR BELONGS TO OUR GOD

Good day woman of God 

I just want to tell you that God is good, he does answer prayers remember when you said we should make our request known to God and I gave you my envelope to pray for. I was asking God for a permanent Job which will pay me triple of what  I was getting at the bank.

 He has done it, Am now permanent as a  Employee benefits officer earning  four times what I was getting at the Bank. This is a Testimony on the board I no longer have OUR friend’s email so if you can send to him as well I would appreciate that and also share the testimony with others in the prayer group. 

Kind regards

A M

Raphayah Ministries held a Prophetic and Healing Service at Donovan McDonald Old Age Home in Mariasburg, Johannesburg on Tuesday 27 April 2010. God moved in a wonderful way. People were healed, set free, delivered and many testified of how God changed their lives. We thank God for giving us the oppertunity to be HIS instruments and to be used mightly for HIS Kingdom. This reminds us of our Foundation Scripture: “I am making a covenant with you. Before all your people I will do wonders never before done in any Nation in all the world. The people you live among will see how awesome is the work that I, the LORD, will do for you.” (Exodus 34 verse 10) WOW…. now that gives us confidence to what He has called us to do. ALL GLORY AND HONOUR BELONGS TO GOD!

Pastor Collette of RAPHAYAH MINISTRIES held meeting at Standard Bank with the staff during 13:00p.m. – 14:00p.m. Lunch time on 26 august 2010

Daniel 2: “Do not underestimate the power of your prayer”

God displayed His awesome power and many people came forward to sharpen their faith, so that they may be likened unto Iron so that they may be able to stand. So that they may realize their power that they have in prayer.

Raphayah Ministries – Ladies conference held at AFM Church in Rosettenville on 09 August 2010
The theme was: “I believe I can”
There were about 200 people at the conference. There were quite a few people that came forward for prayer; God did an awesome thing amongst the ladies. Thank you God. It’s all about you JESUS.

This is a beautiful testimony of a friend, collegue and mother who have met Jesus in an awesome way that only she can describe. God can change any person for the good of HIS purpose being fulfilled in that life. Enjoy this testimony and give God glory for what He has done in Katie’s life. Let us continue to pray for her as she seeks after the Heart of the Father to find the puropse of God in her life.

‘N NUWE MENS! 

My naam is Katie. Ek is 50 jaar oud en is in Februarie 2009 na 31 jaar getroude lewe geskei. Ek het baie bitterheid, seer, wraakgedagtes en skuldgevoel in my rondgedra.

Bitterheid en seer teenoor my gewese man, vir 31 jaar se emosionele afpersing en mishandeling teenoor my en die kinders. Hy was altyd die onskuldige party, het nooit iets verkeerd gedoen nie. Indien hy op sy foute uitgewys is, is dit weerspreek deur ons die oorsaak te maak van sy optrede.+

Wraakgedagtes teenoor hom vir die toegewings wat ek gemaak het om ‘n regverdige egskeiding te beding omdat ek gedink het hy verdien dit, (Ons was immers man en vrou en hy is die pa van al my kinders.), net om agterna uit te vind hoe hy my bedrieg het, vir die seer wat hy die kinders verder aangedoen het en finansiele gemors waarin hy my gelaat het.

Skuldgevoel vir die seer wat my kinders aangedoen is, vir die letsels wat hulle oor die jare opgedoen het. Ek het geglo dat ek nie genoeg gedoen het om hulle te beskerm nie. Dinge wat in my jeugjare deur my pa en ‘n niggie van my se man aan my gedoen is. Ek het geglo dat ek iets moes gedoen het om hulle so te laat optree.

Dit was aanvanklik baie maklik om deur die hele proses te gaan want ek was besig. Reëlings vir my dogter se troue, ek moes goedkoper verblyf kry, pak en trek, en die egskeiding aan die gang kry. Na alles afgehandel was en ek rustig kon raak, het alles net te veel begin word. Die alleen wees het in eensaamheid verander en dit saam met die bekommernis oor my kinders en finansies het dit sy tol begin eis.

Ek het geen selfvertrou gehad nie, ek het geglo daar is iets fout met my. Ek wou so graag iemand hê wat my kon liefhê en vir my sê ek is pragtig. Iemand wat vir ‘n slag vir my kon sê moenie bekommerd wees oor finansie nie, ek sal sorg. En ek wou veral nie meer die seer voel nie!

Toe een middag uit die bloute bel my skoonsus my en sê hulle wil hê ek moet kom kuier. Natuurlik was my antwoord ek wil vreeslik graag, maar my finansies laat dit nie toe nie en ek het toe ook kort tevore ‘n sielkundige begin sien. Daardie aand bel my kleinboet my en vra of ek my afsraak by die sielkundige kan skuif want hy wil vir my ‘n kaartjie bespreek om vir 10 dae Wes Kaap toe te gaan. My antwoord was ‘n besliste ja. Ek was so opgewonde want ek gaan see toe!!! (Ek het gevoel ek gaan iets baie spesiaal langs die see ervaar.)

En hier is waar die grootste, wonderlikste ervaring van my nuwe lewe begin het. Toe ek in Kaapstad uit die aankoms lokaal stap het ek in ‘n groep laggende warm gesigte vasgekyk. Arms vol liefde en verwelkoming het my omvou. Eerste was dit ontbyt by Canal Walk en toe ‘n besoek aan Rutanga Junction! Hier was die spreekwoord van die dag: “Everybody does everything”. (Ek was nie regtig in die luim vir dit nie want ek het swaar gedra aan al my “baggage”). En ek het amper alles gedoen, Sling Shot, Boat, Cobra, Train, stamp karretjies, maar by die waterstomp het ons dames viervoet vasgesteek. Om heen en weer gepluk te word is een ding maar om nat gespat te word was glad nie aanloklik nie. Ek kan met eerlikheid sê ek het nie alles geniet nie.

In Darling, het ek van die wonderlikste, liefdevolste, warmste kinders van God ontmoet. Ek is deer hierdie liefdes kombers toegevou en aangeneem met bemoedigende woorde: “Jy is nou by God se hospitaal en hier sal jy gesond word.” Ek het besef hierdie mense leef so na aan God, en ek kon van die dinge in my lewe met hulle deel. Ons het die heerlikste uitstappies gehad; wyn geproe, vars gebakte plaasbrood met egte botter geëet, olywe geproe, olyf pasta, konfyt, blatjang, marmalade, kaas, en sjokolade. (Nie gedink dit kan als van olywe gemaak word nie, né).

Van die mooiste herinneringe wat ek koester is die aand na ons Kaap Punt en Kaap Agulhas besoek het, het kleinboet op pad huis toe op Melkbosstrand vir ons vis en skyfies gekoop, en gery tot by die strand. Daar onder die maan en sterre op die wit strand het ek “vis en chips” geëet en dit was so wondelik, ek het gedink:”Okay, nou was ek by die see.” Die hunkering na die see het gebly.

Sondag het ons die wonderlike kerkdiens bygewoon en daarna was ek getuie by die doop van jongmense wat hulle lewens en harte aan die Here gegee het.

Paas-Maandag is ons na vriende op Bloubergstrand vir ‘n braai , en die jong klomp nooi my saam see toe. Dit was heerlik om op die sand en in die seewater te kon rond dwaal. (Het natuurlik redelik nat teruggekeer huis toe, maar dit was die ongemak werd). Ek het gedink my hunkering na die see is nou bevredig. Weer verkeerd!
Ek dink toe ek en Sheldon moet vir ‘n dag gaan piekniek hou op die strand, dit is dalk hoekom ek bly hunker na die see. Dit het egter nooit gerialiseer nie.
Ek het so baie DVD’s gekyk wat my so geraak en geïnspireer het, onder andere een oor vergifnis en daarna kon ek myself vergewe en toe God se vergifnis ervaar! Dit was so wonderlik, ek so anders begin voel. (Die hunkering see toe het gebly.)

Vrydag besoek ons die die olyfplaas en gaan daarna strand toe, en die heeltyd bid en vra ek vir God om my daar te ontmoet. Ek het alleen teen die strand afgeloop in die rigting van die rotse. Daar het ek gaan sit en eers net die ligte wind wat waai en die brekende branders voor my geniet. Toe het ek met God begin praat…. Ek kon hardop met Hom praat oor alles wat die afgelope tyd gebeur het, en ek kon Hom vra om my heel te maak en gesond te maak. Ek het gehuil, hardop gebid, (kon dit nie voorheen doen nie), het lofliedere gesing, (kan nie sing nie want my stembande is beskadig tydens ‘n operasie), en terwyl ek weer hardop bid voel ek hoe ‘n koel bries van my kop af na my voete oor my waai, en ek voel hoe ‘n ongelooflike kalmte en vrede oor my kom. Ek het geweet dit is die Heilige Gees wat in my ingestap het! Dit was die wonderlikste oomblik van my lewe want ek het onmiddelik geweet dat ek alles kan vergewe en vergeet, EK WAS ‘N NUWE MENS!

Ek was so oorweldig en ongelooflik bly dat ek nietige mens my God so kan ervaar! Daarom het ek Hom toe gevra om my te sê of ek my by die doop moet hou waartoe my ouers my gehou het as baba en of ek my moet laat groot doop. God het die hele week so baie met my gepraat in drome en ek het geweet dat Hy my weer so sal antwoord. Vrydag geen droom, geen antwoord. Ons het beplan om Saterdag Fairview te gaan om te gaan kaas proe maar kleinboet sê hy het te veel om te doen ons vrouens moet gaan. Vrydagaand begin hy siek word maar ons is nie bekommerd nie want feitlik almal het al onder die 24 uur maag virus deurgeloop, en dus hou ons by ons planne vir Fairview. Toe ons laatmiddag terugkeer huis toe kry ons ‘n man wat regtig siek is. Hy is swak en koorsig en niks bly binne nie. Skoonsus gee weer medisyne en hou sy koors dop want dié hou aan styg. Later kom roep sy ons almal en sê ons moet kom bid want sy raak bekommerd, die koors draai duskant 40 grade. Ons staan en sit in ‘n kring om hom met ons hande op hom en skoonsus bid. Toe sy amen sê en almal begin omdraai, hoor ek myself praat en sê: “Ek wil ook bid.” Almal draai weer terug en ek bid hardop, en terwyl ek so bid voel ek hoe Hans se vel onder hand begin koud word!! Hy sê ook amen, maak homself toe en raak weer aan die slaap. Hy is rustig die koors is weg en ek en skoonsus kyk DVD’s tot na laatnag.

Toe ek na 0.00 in die bed klim is ek glad nie vaak nie. Ek lê toe en oordink alles wat in die laaste paar dae met my gebeur het, en praat met God in my gedagtes, ek vra Hom ook om my asseblief nie te laat siek word nie want ek wil nie Sondag se diens mis nie, (Anita Giglionnoni is by ons). Ek het steeds nie ‘n antwoord gekry oor my vraag oor my doop nie maar is rustig. In die vroeë oggend ure moes ek aan die slaap geraak het vir ‘n kort rukkie, want toe droom ek en ek word wakker met die vaste wete dat ek my moet laat doop, ek is so oorweldig dat ek myself nie kan beteuel nie, en so saam met die dankie sê, vra ek ook vir God om vir Hans ‘n teken te gee as Hy wil hê Hans moet my doop.

Ek spring op en gaan maak vir Hans wakker en sê vir hom dat ek my moet laat doop! Ek verstaan eers nie wat ek sê nie en ek moet dit herhaal. Intussen word Anthonet wakker en vra: “Katoeks, wat is fout?” en kleinboet antwoord haar dat ek my moet laat doop. Hy sê toe dat hy sal dit reël.

Kwart voor sewe Sondag oggend maak ek almal wakker met koffie en hulle dink ek is van my trollie af want dis koud en nog donker, maar ek was so opgewonde dat ek nie meer in die bed kon lê nie en ek wou vir almal in die huis sê ek word gedoop. Die diens was weereens ‘n belewenis, my doop is toe gereël vir 14:00. Hans het tot toe nog nie ‘n boodskap van God gekry nie en Richard en Denise willig in om my te doop, hieroor is ek ook baie bly want hulle is twee groot kinders van God.

Net voor 14:00 is ons oor na Sean en Donna waar sy reggemaak het, met plaatkoekies, tee, koffie en Milo. Die koue water slaan Richard en Denise se asems weg maar ek voel nie eers die koue nie. Dis of ek die hele tyd in ‘n ander dimensie is en dis wonderlik. Terwyl ek besig was om te verklee in my droeë klere sit iemand musiek aan en toe ek die sitkamer binnestap sing Josh Groban “You lift me up”, almal lag en gesels en dit voel vir my soos ‘n huweliksfees! Almal wens my geluk met klein geskenkies en seënwense, en ek voel werklik soos ‘n bruid.

Toe begin ek werklik terug verlang huis toe, en dis toe dan ook die nuwe Katie wat van die vliegtuig afstap. Die verandering wat die mense sien is nie die nuwe haarstyl en kleur nie, dis die vrede en vreugde wat uit my vloei!!!!

Wedergebore Kind van God

KS